Mediese Fondse

Al ooit gewonder wat gaan gebeur met u en u familie indien enige onverwagse gesondheidsituasie sou opkom?  Hoeveel dit gaan kos?  Hoe u die kostes gaan dek?  ‘n Persoon wil gewoonlik nie aan die moontlikheid dink nie, maar dit is nodig.  Dit is waarvoor ‘n mediese fonds bestaan – om u gerus te stel.

Wat is Mediese Fondse?

‘n Mediese fonds is ‘n tipe versekering wat ontwerp is om die uitgawes van ‘n mediese sorg te dek.  Dit beraam die totale finansies van die mense wat dit raak.  In die geval van mediese fondsedoktersfooie en medikasie uitgawes kom ‘n mediese fonds handig voor, veral by u maandlikse begroting.  Dit dek gewoonlik die grootste persentasie van die uitgawes, sodat die nodige bybetaling minimaal is.  Mediese fondse het, soos enige ander versekering, sy eie beleid wat streng deur die versekeraar en die lid gevolg moet word.

Daar is in Suid-Afrika meer as honderd verskillende mediese fondse om te oorweeg!

Hoe kies ‘n individu die regte mediese fonds?

Die algemene oplossing sou wees om na elke verskaffer te gaan en die nodige intligting van hulle te ontvang, maar dit kan tot maande neem om na elke verskillende verskaffer toe te gaan.  Ons vergemaklik dit egter vir u.  Hier weeg ons die verskillende mediese fonds verskaffers teen mekaar op en ‘n agent sal terug na u toe kom met die beste mediese fonds kwotasies.  Indien u opsoek is na die beste mediese versekering, is u op die regte plek.

Daar is mediese fondse wat ook geestelike versteuringskostes dek, soos byvoorbeeld Skisofrenie.  Noem dit en hulle dek dit!

Watter faktore moet mens aan dink by die oorweging van ‘n mediese versekering?

  • Wie u almal in die versekering wil dek
  • Manier van uitbetaling
  • Maandelikse premie
  • Wat alles binne die versekering gedek moet word
  • U en die familie se gesondheidstatus

‘n Paar bekende mediese fonds verskaffers:

  • Bankmed
  • Bonitas Mediese Fonds
  • Discovery Gesondheids Mediese Skema
  • Liberty Mediese Skema
  • Medihelp
  • Medimed Mediese Skema
  • Netcare Mediese Skema
  • Selfmed Mediese Skema
  • Spectramed
  • Momentum
  • Bestmed
  • Topmed

 

Gevolgtrekking

Dit word sterk aanbeveel dat u en die familie ‘n mediese versekeringspolis uitneem.  Daar is altyd onverwagse situasies wat opduik, en mediese koste is verskriklik duur om te betaal.  U is verseker om in goeie hande te wees met gesondheidsorg, benoude oomblikke is dan iets van die verlede.  Dit maak nie saak watter ouderdom u is nie, want u weet nie wat in die volgende paar sekondes gebeur nie.  Dus is u nooit te oud om aan ‘n mediese fonds te dink nie.

Gebruik asseblief 'n "/" in die geboortedatum veld.

Kommentaar

  Te danke aan MedieseFondse.com spaar ek meer as 25% op my mediese fonds premies elke maand. Puik diens, 10 uit 10!!!
K & M Vennote Rating: 5 out of 5.
Francois Steenkamp –