Wat is ‘n Hospitaalplan?

‘n Hospitaalplan is ‘n tipe mediese versekering wat hospitaliseringkostes dek, met ander woorde dit dek alle binne-hospitaal prosedures.  Dit verskil van beide mediese versekerings en Hospitaal Planomvattende mediese fondse.  Mediese versekering en omvattende mediese fondse dek doktersfooie, medikasie en buite-hospitaalse sorg, maar volgens wet is daar sommige voorgeskrewe medikasie wat die hospitaalplan moet dek.  Meeste individue kyk na hospitaalplanne in plaas van mediese fondse, want dit is goedkoper as mediese fondse.  Individue neem dit uit om maksimale kostes van ‘n individu se gesondheid en noodgevalle te dek.  Individue is ook meer geneig om hulself te versorg op ‘n daaglikse basis.

 

Wie is geskik vir ‘n hospitaalplan?

Dit is die mees geskik vir enkellopendes, jong mense, studente en mense wat aktief en gesond is.  Jong mense het nie gereelde mediese versorging nodig nie, dus is die plan geskik vir noodgevalle.  Dieselfde gaan vir aktiewe en gesonde mense.  Noodgevalle kan enigetyd ontstaan en ‘n persoon moet reg wees, veral ongelukke.  Die algemene oorsaak van die dood onder jong mense is ongelukke, dus is die plan geskik indien enige noodgeval plaasvind.

 

Wat dek ‘n hospitaalplan?

  • Noodgevalle soos ongelukke
  • Kroniese siekte soos asma
  • Chirurgiese prosedures
  • Hospitaliseringskostes soos oornagskostes
  • Komplikasie tariewe
  • Geboorteskostes (nie alle planne het die opsie nie)

Wat in gedagte gehou moet word:

‘n Individu moet kyk wat hy kan bekostig en watter hospitaalplan geskik is vir sy maandlikse begroting, aangesien daar ‘n maandlikse premie is wat betaal moet word.  Dus moet ‘n individu navorsing doen oor die verskillende hospitaal skemas.  Daar moet deeglik besluit word oor watter een u en die familie pas.  U moet dink aan u gesondheidstatus, asook die wat onder die plan verseker word.  Daar is verskillende versekeraars om na te kyk, dus is ons hier om u te help die beste keuse maak.  Vul u se besonderhede in die kwotasie vorm in en ‘n agent sal terug kom na u toe met die geskikste hospitaalplanne vir u.  Daar is ook sommige planne wat geld na ‘n sekere tydperk aan u terug betaal.

Dit stel ‘n persoon gerus om te weet u is gedek indien van noodgevalle en ernstige siekte opduik.  Hospitalisering is ‘n duur proses en kan ‘n individu finansieel uitput.  Dit kan ‘n individu jare neem om te herstel van die verlies, daarom is dit beter om ‘n hospitaalplan uit te neem.  Dit verhoed ‘n individu om te lei onder die skuld.  Daar is geen manier vir ‘n individu om beserings, gesondsheidsprobleme en ander verwante probleme te keer nie.  Maak u besluit vandag!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *