Wat is lewensversekering?

Het u al ooit gewonder hoe u gesin finansieel gaan oorleef die dag as u nie meer daar is om vir hul te sorg nie?  Dit is waar lewensversekering, of ‘n lewenspolis handig is.  ‘n Lewenspolis Lewensversekeringis ‘n belegging wat uitbetaal die dag wanneer die polishouer sterf.  ‘n Bedrag word uitbetaal aan die gesin wat sal help om die begrafnisfooie te dek en daarna, afhangende van die polis, kan die gesin ‘n vaste bedrag kontant ontvang, of eerder ‘n maandelikse bedrag.  Hierdie uitbetaling sal die gesin dan help om hul lewenskostes te dek en ook om die maandelikse rekeninge te kan betaal.

Soorte lewensversekering

Daar bestaan twee soorte lewensversekering, naamlik permanente lewensversekering en term versekering.

  • Permanente Lewensversekering

Hierdie is ‘n polis wat die klient uitneem en premies betaal tot die dag wat hy/sy sterf.  Hierdie soort lewenspolis is ‘n belegging op en bou waarde.

  • Term Lewensversekering

Hierdie tipe polis kan uitgeneem word vir ‘n sekere termyn.  Die polishouer betaal ‘n maandelikse premie vir die duur van die termyn en stop wanneer die termyn verby is.  Die voorwarde vir hierdie lewenspolis is dat die polishouer in die bepaalde termyn moet sterf vir die polis om uit te betaal.  As die termyn verby is, verloor die lewenspolis sy waarde.

Watter lewenspolis is vir my?

As u nog jonk en gesond is, is permanente lewensversekering verseker die regte opsie vir U.  Aan die ander kant, as u lei aan ‘n kroniese siekte of baie oud is, kan term lewensversekering oorweeg word.  U moet net die term so kies dat die polis nie sy waarde sal verloor nie.

 

Gevolgtrekking

Dit kan baie emosioneel wees om aan die dood te dink, selfs om daarvoor te beplan.  Die feit bly staan dat almal eendag daardeur sal gaan en hoe beter mens voorbereid is daarvoor, hoe beter.  Doen u familie ‘n guns en beplan vir die dag wat u nie meer daar is om na hul te kyk nie.  Die afsterwe van ‘n familielid is al klaar ‘n groot emosionele ervaring vir ‘n persoon, waarvoor dit nog vererger met finansieele bekommernis?  Kry dus lewensversekering  so gou moontlik.

Alternatiewe opsies: Begrafnis Polis | Mediese Fonds